Kaalwoorde Colab

Daar gebeur iets moois wanneer twee passies bymekaar kom en dit is ons voorreg om met julle die Isabel de Villiers Clothing en Kaalwoorde t-hemp reeks te deel. Hierdie unieke reeks is opgedroom oor goeie wyn en die beste pizza in Pretoria by ons gunsteling plek, Woodstock. Die reeks het ‘n verskeidenheid van spesiaal uitgesoekte gedigte van Kaalwoorde geborduur op ‘n plaaslik vervaardigde t-hemp, bymekaar gesit deur Isabel de Villiers.
Met hierdie reeks glo ons mens moet nie net jou hart op die mou dra nie, maar digkuns teen jou hart waar dit gekoester kan word en gedeel kan word met wie ookal dit daardie dag nodig het.
Ons het ook ‘n verskeidenheid van twee denim tote sakke wat mens vir enige geleentheid kan gebruik. Ons gebruik dit self as enige iets van ‘n handsak, kruideniersware sak, strand sak en swot sak en glo vas dat mens nie sonder hierdie sak die lewe kan indink nie.
Ons sien uit om hierdie ongelooflike reeks met julle te deel en hoop julle vind put soveel genot daaruit soos wat ons het om dit bymekaar te sit.

Liefde, Isabel & Ane